Dewald Wasserfal - 13 Dec

Helene Bester - 14 Dec

Tribute to Niel Diamond & Elvis Presley
(Marius du Bruyn & Carl Erasmus)
- 15 Dec

Beeskraal - 16 Dec

Jakkals en Leo (Jakkie Louw en Kevin Leo) - 17 Dec

Elizma Theron - 18 Dec

Jovan & Thelma, Viljoen Retief - 19 Dec

Jan Blohm - 20 Dec

Jaco Labuschagne - 21 Dec

ADAM - 22 Dec

Coast To Coast - 24 Dec

Dozi & Jannie Moolman (Miss Diaz) - 26 Dec

Jack Hammar (Piet Botha) - 27 Dec

Zak van Niekerk - 28 Dec

Thys Bosveldklong - 29 Dec

The MK 6de Avontoer - Pool Party - 29 Dec
Zinkplaat
Van Coke Kartel
Die Heuwels Fantasties
Die Tuindwergie
Loveglove Pyrotechnics
Friendly Lemons
No One’s Arc
Holiday Murray

Tuindwergies & Southern Gypsey Queens - 2 Jan

Annale van 'n windgat - 3 Jan

 

BEESKRAAL

Beeskraal is ‘n erkende Afrikaanse rockgroep van Pretoria. Die groep bestaan alreeds 13 jaar lank en het al diep spore in die S.A musiek bedryf getrap.

Kortelikse feite:

  • Die groep het al sewe vollengte albums uit.
  • Eerste S.A groep wat genooi word na die Ukkassie fees in London
  • 2002 Enigste Afrikaanse groep wat optree tydens Vryheidsdag te Uniegeboue op aandrang van die regering
  • 2003 saam MANDOZA enigste ander S.A kunstenaar tydens die World Food Hunger Concert te FNB stadion.
  • Musiek van die groep word deur twee S.A sielkundiges gebruik om V.S.A 9/11 trauma pasiënte te rehabiliteer.
  • Musiek van die groep is op speellyste van verskeie nasionale sowel as gemeenskapsradiostasies.
  • Verskyning gemaak op programme soos Geraas, Pitstop, Dis Hoe dit is met Steve, Kwêla, Pasella, Draadloos, mk89, 7e Laan, Villa Rosa ens.
  • 2003 word benoem vir SAMA toekenning vir  Beste Rock Groep tussen Sugerdrive, Nude Girls en Wonderboom
  • 2004 nominasie vir Pendoring Reklame toekenning te AARDKLOP
  • 2005 nominasie vir Huisgenoot Tempo toekennings vir Beste Rock groep.
  • 2003 wen Kanna Toekenning (KKNK) vir Beste Afrikaanse Groep
  • 2003 wen Geraas (SABC 2)  Musiek Toekenning vir Beste Rock Groep
  • 2004 ontvang ere toekenning van die ATKV vir bydrae en bevordering van Afrikaanse Rock Musiek
  • 2005 ontvang VONK tydskrif Toekenning vir Beste Groep en Album vir 2004
  • 2006 op groot aanvraag baie suksesvolle toere in London gespeel
  • Belgiese regering nooi Beeskraal uit na die jaarlikse Belgiese volksfees
  • 2006 word die groep weer deur die Nelson Mandela Tourism Board genooi om saam Mandoza op te tree op Nelson Mandela Bay Beach
  • 2007 span Beeskraal kragte saam met ander musikante o.a MD Greyeling, Adam Tas, Elizma Theron en Steve Hofmeyer om plaasmoorde te stop.
  • 2007 word Beeskraal genooi vir Highveld Stereo en Rapport se RAW Rocks konsert te Sun City Superbowl saam met Karen Zoid, Theuns Jordaan, Klopjag
  • 2007 Nominasie vir Vonk toekennings vir Beste Rock Album saam Fokkofpolisiekar en Snotkop
  • 2007 maak die groep ook ‘n verskyning op BBC News Live vanuit London tydens die IRB Wêreld Beker te Fankryk
  • Beeskraal doen ook baie liefdadigheidswerk in hul gemeenskap en is nou betrokke by Women Against Rape, Stop geweldmisdaad aksies, Helpende Hand, DBV, en Wolmertrust vir minder bevoorregtes.
  • 2008 Beeskraal stel hul 10 jaar album vry, ‘Roots en Boots’ met gas kunstenaars Dozi, Theuns Jordaan, Anton Goosen, Piet Botha en Carlè van Deventer
  • 2008 tree Beeskraal op as Dozi se orkes te Emperor’s Palace vir twee weke voor vol kapasiteit gehore vir Dozi se Creedance Clearwater Revival ‘tribute’.
  • 2008 met Barney Simon as MC stig Beeskraal ook die SA/DC band ter vereering van die legendariese rockgroep AC/DC waarmee hul landswyd toer.
  • 2010 Beeskraal word benoem vir 3 Rapport VONK toekennings: Beste uitheemse song vir ‘Heel Somer Lank’, Beste Groep Album en Beste Rock Album.
  • 2010/ 2011 Beeskraal doen temaliedjies vir MK (DSTV) vir die volgende programme: AF, Hiekie, Skole top 10.
  • 2011 Beeskraal benoem vir ‘n Huisgenoot Tempo toekenning.
  • Beeskraal is ook aanpasbaar vir enige geleentheid en funksie omdat al die lede in die groep geskoolde musikante is kan die groep buiten hul oorspronklike Beeskraal liedjies ook verskeie ander musiek maak van jazz, ‘covers’ tot Ierse musiek.

Beeskraal strewe na uiters professionele musikaliteit en oorspronklikheid in musiek, liriek en optredes.

Kontak Vicky 083 2802082
Charlie 072 725 2592
Email: beeskraal@gmail.com

JAKKALS EN LEEU

Jakkie Louw het vir Kevin Leo eendag gebel en gevra of hy sal sing op sy nuwe CD...Marretjie se hoender"

Verbaas het Kevin gevra wat hy ingedagte het. Jakkie se antwoord was: "Voshaarnooi."

Die liedjie is opgeneem en die video is gemaak. Die video was oornag 'n Kyknet gunsteling en  speel feitlik daagliks op hierdie kanaal.

Op youtube het meer as 50 000 mense al die video gaan kyk.

Jakkie en Kevin het besluit om 'n show aanmekaar te sit en 'n DVD op te neem. Hierdie DVD is in die einde 2010 opgeneem in die LEMON JACKS teater en is tans in winkels beskikbaar.

Die show se sukses het veroorsaak dat Jakkie Louw en Kevin Leo gevra is om in die afrikaanse "musical' LIEFLING te speel.

Hulle het ook die groot eer ontvang om by 2011 se Skouspel plus en Skouspel Sun City op te tree.

Die show trek vol sale reg oor SA het 'n 100% bevredigings syfer. Bewyse hiervan is die talle mense wat rye staan na die shows om ‘n stukkie van die Jakkals en Leeu “Magic” huis toe te vat op DVD.

Die komibisie van die twee sangers is briljant en Kevin Leo se humor is so uniek en skerp dat jy later skater van die lag.

Liejdies wat hulle doen in die vertoning sluit in Voshaarnooi, O'sole'mio(soos Pavarotti en Brian Adams hom gedoen het) Frank Sinatra, 'n bietjie Elvis Presley, 'n Bietjie Lucas Maree en 'n bietjie Pikkewyne.

Dis 'n ongelooflike goeie show. Enige dag van die week.

Ek heg twee links hier onder aan sodat julle so smakie kan kry van wat ons doen

Voshaarnooi
http://www.youtube.com/watch?v=DrK5dBsp0uQ

Interviews oor die show en O" soli' Mio
www.youtube.com/watch?v=MhYXXSoOjjs&feature=fvsr

Jan Blohm

Jan Blohm se nuutste produksie spruit uit vele van sy passies soos digkuns, klassieke musiek, die blues en tegnologie.  Jan en Chrismari Nel het ure geskryf en geskaaf aan die musiek en ‘n spesifieke en unieke klank geskep, maar steeds eie aan die Jan Blohm klank.  Jan tree op met elektriese kitaar, saam met Chrismari wie klavier speel, asook die selfgemaakte klankbaan.  Chrismari is ook te sien op Jan se live DVD, Lotus.  Jan sê hy het ou plate (LP’s) opgeneem, dit ‘gesample’ en bietjie ge-eksperimenteer met die verskillende klanke.  Die optrede strek van meestal splinternuwe liedjies tot baie bekende liedjies wat vreeslik geliefd is by aanhangers, en van dit met ‘n nuwe baadjie aan.  ‘House’ ritmes ontmoet die Blues, ontmoet Klasiekke musiek, ontmoet digkuns soos jy hom net kan hoor agter in ‘n pich black caddilac.

Dozi en Jannie Moolman span saam vir ‘n onvergeetlike vertoning!

Dit mag dalk soos 'n ongewone kombinasie klink, maar Dozi en Jannie se eerste toer gaan jou asem wegslaan.

Dit is 'n magiese vermenging van Dozi se rasperstem en Jannie Moolman se vokale meesterlikheid.

"Ek is baie opgewonde," sê Dozi. "Toe ons oor die projek begin praat het, was ons nie seker of dit gaan werk nie. Maar dit werk uitstekend! Wie sou kon raai? Ek en Jannie is immers twee totaal verskillende kunstenaars."

Jannie beskryf die kombinasie as die perfekte vermenging van koffie en room.

"Dit werk eenvoudig net," sê hy. "Ons stemme komplimenteer mekaar en omdat ons soveel pret op die verhoog het, gee dit nuwe lewe aan liedjies wat musiekliefhebbers al jare lank ken."

Dozi en Jannie het ander kante van hul sangtalente leer ken met die vertoning. Dozi het 'n besef sy stem het meer fasette as wat hy van geweet het. "Ek het daarvan gehou om die meer sensuele kant van my stem te gebruik.

Daar is groot wedersydse respek tussen Jannie Moolman en Dozi en dit kan duidelik op die verhoog gesien word. "Dozi is 'n ongelooflike kunstenaar met 'n baie, baie groot stem. Ek sien so uit daarna dat die publiek hierdie vertoning beleef!"

"Hy is ongelooflik," sê Dozi oor sy sangmaat. “Ons is jare lank vriende en dit is vir my ‘n eer om die verhoog met unieke talent soos Jannie te deel”

Dozi sal van sy nuutste en grootste treffers sing, so ook Jannie. Jannie Moolman het natuurlik sy splinternuwe album “Die Son Sal Weer Skyn” pas vrygestel en gehore kan van sy nuutste treffers hoor!

Piet Botha en die Akkedis Band ....ook bekend as die "Lyzyrd Kyngs".

Piet Botha word beskou as 'n legende in die plaaslike musiekbedryf en verskyn al vanaf die vroeë 1980s op verhoë regoor Suid-Afrika. Hy word ook  geken as die leier van die rock groep Jack Hammer wat al in 1984 gestig is en 'n hele string uitstekende albums die lig laat sien het .
Benewens hierdie werke het hy ook Afrikaanse albums geproduseer waarvan "Suitcase vol Winter" steeds beskou word as 'n mylpaal.In Jubiemaand van hierdie jaar het hy die hoogs aangeskrewe werk "Spookpsalms" vrygestel.
Dit was 'n uitvloiesel van die TV reeks "Wie lê waar" waarvan hy die aanbieder was.
Reeds in  2005 is die "Lifetime Achievement Award" deur SAMA an hom toegeken .
Gedurende die laaste jaar het hy en die  baie bekende Kaapse groep  "Akkedis Band "(Arthur Dennis, Rudi Dennis en AJ Graham) wat uit Stellenbosch kom , hulle jarelange vriendskap 'n stap verder geneem en die groep The Lyzyrd Kyngs begin . Akkedis het ook al 'n stewige klompie oorspronklike cd's die lig laat sien oor die laaste 15 jaar.

Hulle is tans besig om 'n album op te neem wat vroeg volgende jaar 'n verskyning sal maak. Die groep verskyn gewoonlik as 'n vol elektriese band, maar hulle lewer ook meer intieme, akoestiese vertonings van tyd tot tyd. Hulle repertoire is 'n mengsel van blues, rock en folk-musiek, wat bestaan uit Engelse en Afrikaanse materiaal en ook hul eie weergawes van liedjies deur onder andere Warren Zevon, John Lennon, Neil Young, en Johnny Cash. Op toer word daar altyd ook van die ou bekende liedjies opgevoer, die gunsteling nommers soos “Suitcase vol winter, Sien jou weer, Bordello, Mocambique, Anderkant die berg, Skoor met die dood, Goeienag Generaal” en vele ander.

Gedurende Desember sal hulle in aksie wees op die tuinroete.Hulle optredes
het nog altyd die mense baie tevrede laat huis toe keer.

The Lyzyrd Kyngs: December 2011

Piet Botha will be in action with The Lyzyrd Kyngs at various venues on the Garden Route during late December..This friendship of many years has manifested itself in an exciting musical adventure .The friendship between Botha and the Dennis brothers, Arthur and Rudi goes back almost 20 years, and Jack Hammer and Akkedis Band have shared many a stage across South Africa as well as in Mocambique , London and Namibia over the years.
During the last 15 months however , Piet Botha started performing with them more regularly and so The Lyzyrd Kyngs as band came into being , with the addition of A.J. Graham on bass .
Their repertoire has grown into a huge  set over the last year and new songs are also to be added on this tour. There are well known original songs by Akkedis Band and Piet Botha but also a mix of classic renditions of songs by well known artists like Willie Nelson, Neil Young, Johnny Cash ,J.J. Cale and Warren Zevon , to name a few.
The band has been working on an album, due for release early in the new year and when they are not on the road they will be working at the studio in Gordons Bay to try to put a wrap on their debut album.

The repertoire contains a mix of Afrikaans and English songs , from Piet Botha's longlasting albums like “Suitcase vol winter” and “Die Mamba”, also songs from the many Jack Hammer albums to have seen the light over the last 25 years ,material from Akkedis Band's string of albums as well as some brand new songs from  Piet Botha's latest Afrikaans album “ Spookpsalms" as well as the new songs from the Lyzyrd Kyngs album.

DPK PROUDLY PRESENTS:
THE MK 6DE AVONTOER

Africa's biggest rock 'n roll tour, Die MK Avontoer - the music tour that makes all others look like a retirement home daytrips - fires up the engines for a 6th assault at the South African coast.

In the spirit of a travelling carnival, Die MK Avontoer mobilises a host of musicians, photographers, troubadours, magicians, pirates, fans and wild cards into a travelling party of unmatched magnitude.

With over a 130 creative creatures concentrated on two buses, a travelling tent town of their own and nothing other than a having a good time as their modus operandi, Die MK Avontoer has been enchanting coastal towns from the West-to the East coast since 2006.

Avontoer alumni include representatives from the whole South African diaspora sharing boundary breaking, genre-bending and mind melting adventures up and down the coast.

Avontoer dates :

21 Dec - Bazzuki Restaurant (The Terrace) @ Club Mykonos, Langbaan
23 Dec - Cheers Pub, Struisbaai
27 Dec - Sandbaaisaal, Hermanus
29 Dec - Pirates Bar @ Diaz Strand Hotel, Mosselbaai
31 Dec - GrootGeesRockFees VI, Stilbaai

The 29th November, the Avontoer buses pull in at Diaz Strand Hotel, as part of their popular Summer Sun Festival.

Join us for a pool party of epic proportions as we pitch stage, tents, bars and the whole shebang outside, within arm’s reach of the swimming pool and Pirate’s Bar.

Lineup for the night:

15:00      Doors open
16:00      Loveglove Pyrotechnics
16:45      Black Handed Kites
17:30      No One’s Arc
18:15      Holiday Murray
20:00      Zinkplaat
21:00      Van Coke Kartel
22:00      Die Heuwels Fantasties
23:00      Die Tuindwergies.

Tickets will be sold on Computicket, at the gate and at the reception of Diaz Strand Hotel.

Sponsors: MK, Tassenberg, Jägermeister, Monster Energy Drink

To become a seerower (pirate in Afrikaans – the Avontoer roadies) on the bus, please email seerowers@dpk.co.za. Be sure to visit www.seerowers.co.za to see how you can win a seerower space on the bus. The lucky winners will be announced on MK Studio 1, Thursday 15 December at 19:30.

All info regarding ticket prices, venue lineups and starting times can be found on www.dpk.co.za/avontoer and there is also a submissions page for bands who would like to be considered for next year’s Avontoer.

The Avontoer welcomes music fans of all ages; a dedicated team of security guards will be on the watch and no under-age drinking will be allowed. All Avontoer shows are attended at the audience’s own risk, however.

Avontoer on Facebook: http://www.facebook.com/avontoer
Avontoer on Twitter: http://www.twitter.com/avontoer

DIE HEUWELS FANTASTIES

Die Heuwels Fantasties is an Alternative/Pop act. This ground-breaking group is considered to be the first successful Afrikaans electronic act.

They are revered for their prolific live performances and have gathered

a large and wide fan base since their inception in 2008.  Die Heuwels Fantasties has played at all the major festivals in South Africa and have shared a stage with Oasis, Snow Patrol and Panic at the Disco at the Coca-Cola Zero festival held in Cape Town in 2009.

They have also toured to the Netherlands, Belgium and UK in 2010.

Die Heuwels Fantasties have won every notable award in South Africa for their music and music videos.  Highlights include the South African Music Award for Best Alternative Afrikaans Album in 2010 and the MK Award for Best Group in 2011.

Their first album, Die Heuwels Fantasties and their second album, Wilder as die Wildtuin, both reached Gold status in sales.  They  made history in the South African music industry with this second album when they became the first Afrikaans rock group to reach Number 1 on SABC’s Top 20 top seller chart. This chart has been going for forty years.

Other highlights for Die Heuwels Fantasties this year was when they were chosen as Arts Ambassadors for the Springbokke during the Rugby World Cup and when they opened for Kings of Leon when they visited Cape Town and Johannesburg in October.

Die

Links
Listen:  www.soundcloud.com/dieheuwels
Watch: www.youtube.com/dieheuwels
Visit: http://www.dieheuwels.co.za/
Facebook:  http://www.facebook.com/dieheuwels?ref=ts

 

 

 

 

 

Festival News
MK Avontuur stopping at the Summer Sun Festival 2011 on 29 December. Bringing a variety of rock bands.

Join us on
Facebook
Network with your friends.
Proudly sponsored by Diaz Strand Hotel & Resort

Summer Sun Festival Competitions
Join in the fun at Diaz Beach and enter the competition running for that day.